1 Chronicles 26:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die Hebroniete, Hasabja en sy broers, dapper manne, duisend-en-sewehonderd, was beamptes onder hulle van Israel aan die ander kant van die Jordaan, weswaarts, in al die werk van die HERE en in die diens van die koning. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die Hebronfamilie het Gasabja gekom. Hy en sy familie, 1 700 bekwame mans, was in beheer van die Israelitiese grond wes van die Jordaanrivier. Hulle was verantwoordelik vir alle sake wat verband gehou het met die dinge van die Here en die diens van die koning in daardie gebied. |
| Afrikaans 1933/1953 | van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend sewe honderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die HERE en vir die diens van die koning. |
| Afrikaans 1983 | Van die Hebrongroep was Gasabja en sy ampsgenote, sewentien honderd bekwame manne, van die Jordaan af weswaarts belas met die opsig oor Israel vir alle werk van die Here en vir die koninklike diens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat die nakomelinge van Hebron betref: Gasabja en sy familielede, 'n duisend sewehonderd onverskrokke manne, moes die administrasie van Israel in verband met al die werk van die Here en die diens aan die koning behartig, van die Jordaan af weswaarts. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gasabja en sy broers was leiers van die Hebron-familie. Hulle was 1 700 mense, en hulle moes kyk dat die Israeliete wes van die Jordaan-rivier alles reg doen, al die werk vir die Here en vir die koning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Hebrongroep, Gasabja en 1 700 van sy mense, is wes van die Jordaanrivier verantwoordelik gemaak vir alles wat Israel s’n was. Hulle moes sorg vir al die dinge van die Here en vir die koninklike diens. |