1 Chronicles 26:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En alles wat Samuel, die siener, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja, geheilig het; en elkeen wat iets geheilig het, dit was onder die hand van Selomit en van sy broers.
Afrikaans (NLV) 2011 Selomit en sy familie het ook gesorg vir die artikels wat aan die Here gewy is deur Samuel, die siener, Saul, seun van Kis, Abner, seun van Ner, en Joab, seun van Seruja. Al die ander gewyde artikels was ook in hulle sorg.
Afrikaans 1933/1953 ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja--wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.
Afrikaans 1983 Alles wat die siener Samuel, Saul seun van Kis, Abner seun van Ner, en Joab seun van Seruja, gewy het, alles wat gewy is, was onder beheer van Selomit en sy ampsgenote.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ook alles wat die siener Samuel, wat Saul, seun van Kis, Abner, seun van Ner, en wat Joab, seun van Seruja, gewy het. Alles wat gewy is, was onder beheer van Selomit en sy familielede.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Selomot en sy broers moes alles oppas wat die siener Samuel en Saul seun van Kis gewy het saam met Abner seun van Ner en Joab seun van Seruja.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selomit-hulle het beheer gehad oor alles wat Samuel, die siener, Saul seun van Kis, Abner seun van Ner en Joab seun van Seruja, aan die Here gewy het en oor alle ander items wat gewy is.