1 Chronicles 26:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | By Parbar weswaarts, vier by die hoofweg en twee by Parbar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ses is vir die westelike ingang toegeken, vier vir die ingang wat na die tempel lei en twee vir die voorhof. |
| Afrikaans 1933/1953 | By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel. |
| Afrikaans 1983 | Wat die plein by die wespoort betref, was daar langs die pad vier en by die plein twee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en by die buitegeboue aan die westekant, 4 by die pad en 2 by die buitegeboue. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | By die oop stuk grond wes van die tempel het vier Leviete waggestaan by die pad, en twee het waggestaan by die oop stuk grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ses Leviete is elke dag by die wespoort geplaas: vier langs die pad en twee by die plein. |