1 Chronicles 26:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die lot oos het op Selemia geval. Toe het hulle oor sy seun Sagaria, 'n wyse raadgewer, die lot gewerp; en sy lot het noordwaarts uitgekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die verantwoordelikheid vir die oostelike ingang het op Meselemja en sy groep geval. Die noordelike ingang is toegeken aan sy seun Sagaria, ’n man van uitsonderlike wysheid.
Afrikaans 1933/1953 En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat 'n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;
Afrikaans 1983 Die lot vir die oospoort het op Meselemja geval. Toe hulle vir sy seun Sagaria, die verstandige raadgewer, die lot werp, is hy vir die noordpoort geloot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die oostekant het die lot geval op Selemja. Sagaria, sy seun, was 'n verstandige raadgewer. Hulle het die lot gewerp, en dit het vir hom op die noordekant geval;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Selemja het die lootjie getrek om by die oos-poort wag te staan, en sy seun Sagaria om by die noord-poort wag te staan. Sagaria was 'n verstandige raadgewer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die lot vir die oospoort het op Meselemja geval. Die lot vir die noordpoort het op sy seun Sagaria, ’n baie verstandige raadgewer, geval.