1 Chronicles 26:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die lot gewerp, klein sowel as groot, volgens die huis van hulle vaders, vir elke poort. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is as families aangestel vir poortdiens by die verskillende ingange, sonder om ouderdom of opleiding in ag te neem, want dit is deur die gewyde lot bepaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort. |
| Afrikaans 1983 | Oud en jonk het op gelyke voet aan die loting vir elke poort deelgeneem volgens hulle families. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir elke poort het hulle die lot gewerp volgens hulle families; op dieselfde wyse vir jonk en oud: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Familie-groep het by elke poort waggestaan. Hulle het vir almal van elke familie lootjies getrek, vir die groot families en vir die klein families. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle diensbeurte by die verskillende poorte is deur die lot bepaal, ongeag of die familie groot of klein was. |