1 Chronicles 26:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Onder hulle was die afdelings van die poortwagters, onder die owerstes, wat wagte teen mekaar gehad het om in die huis van die HERE te dien.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie afdelings van die poortwagters is vernoem na hulle familiehoofde, en soos die ander Leviete het hulle in die huis van die Here gedien.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE.
Afrikaans 1983 Hierdie afdelings poortwagte, ingedeel volgens die manlike familiehoofde, het diens gedoen saam met hulle ampsgenote wat vir die huis van die Here moes sorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie manne, die afdelings van die poortwagte, het op dieselfde wyse as hulle familielede en ooreenkomstig die getal manne, die verantwoordelikheid gehad om in die huis van die Here diens te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie groepe poortwagte was almal saam met 'n man wat 'n familiehoof was, en hulle het gewerk saam met die ander Leviete wat in die tempel gewerk het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie afdelings poortwagte is na hulle leiers vernoem. Net soos die ander Levitiese diensgroepe het hulle ook by die huis van die Here gewerk.