1 Chronicles 26:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook Hosa, uit die kinders van Merári, het seuns gehad; Simri, die hoof, (want al was hy nie die eersgeborene nie, het sy vader hom tog die hoof aangestel;) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gosa van die Merarigroep het Simri as die leier tussen sy seuns aangestel, alhoewel hy nie die oudste was nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel. |
| Afrikaans 1983 | Die seuns van Gosa, van die Merarigroep, het Simri as hoof gehad. Hy was nie die oudste nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gosa, uit die nageslag van Merari, het ook seuns gehad: Simri was die hoof, al was hy nie die eersgeborene nie. Sy vader het hom egter as hoof aangestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gosa, van die Merari-familie, het vier seuns gehad. Simri was die familiehoof. Hy was nie die oudste seun nie, maar sy pa het hom gekies en aangestel om die familiehoof te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gosa, van die Merarigroep, het sy seun Simri as leier aangewys al was hy nie die oudste nie. |