1 Chronicles 25:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die lot gewerp, wyk teen wyk, sowel die klein as die groot, die leraar as die geleerde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die musikante is vir ’n bepaalde dienstermyn aangestel deur die gewyde lot te werp, sonder om in ag te neem hoe oud iemand was en of hy ’n meester of student was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling. |
| Afrikaans 1983 | Hulle is vir diens geloot volgens die reël dat oud en jonk gelyk is, of hy nou al opgelei of leerling was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die lot gewerp met die oog op diensbeurte; op dieselfde wyse vir jonk en oud, vir kenner en leerling. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het lootjies getrek om te kyk wie moet werk en wanneer hulle moet werk. Hulle het dit gedoen vir almal, vir oumense en vir jongmense, vir die mense wat geweet het hoe om te sing en vir die mense wat nog geleer het hoe om dit te doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die musikante is ook geloot vir hulle diensbeurte, sonder om te kyk of hulle jonk of oud is, leerling of leermeester. |