1 Chronicles 25:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle almal was onder die hand van hulle vader om te sing in die huis van die HERE, met simbale, harpe en siters, vir die diens van die huis van God, volgens die bevel van die koning aan Asaf, Jedutun en Heman. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al hierdie mans het onder leiding van hulle pa’s gewerk terwyl hulle in die huis van die Here musiek gemaak het. Hulle verantwoordelikhede het ingesluit dat hulle die simbale, harpe en siters bespeel het in die huis van God. Asaf, Jedutun en Heman het direk aan die koning gerapporteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die HERE, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het almal onder leiding van hulle pa die sang in die huis van die Here begelei op simbale, harpe en liere in die tempeldiens. Asaf, Jedutun en Heman was in diens van die koning. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al hierdie manne het onder leiding van hulle pa's, dit is Asaf, Jedoetoen en Heman, opgetree by die sang in die huis van die Here, met simbale, harpe en liere vir die diens in die huis van God, op aanwysing van die koning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle pa was hulle leier wanneer hulle in die tempel musiek moes maak met simbale, harpe en liere. Hulle moes dit doen wanneer die priesters in die tempel gewerk het. Asaf, Jedutun en Heman het vir die koning gewerk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié mense was elkeen onder leiding van sy pa verantwoordelik vir die musiek in die huis van die Here. Hulle sang is begelei op simbale, harpe en liere. Asaf, Jedutun en Heman was in die koning se diens. |