1 Chronicles 25:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle almal was die seuns van Heman, die koning se siener, in die woorde van God, om die horing op te hef. En God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle almal was die seuns van Heman, die koning se siener, want God het hom geëer met veertien seuns en drie dogters.
Afrikaans 1933/1953 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
Afrikaans 1983 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in godsdienstige sake, en hulle het hom groot aansien verleen. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in goddelike sake; hulle het aan hom aansien gegee. God het vir Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle was almal seuns van Heman, die siener van die koning. God het vir Heman belowe om hom 'n belangrike man te maak, daarom het God vir Heman 14 seuns en drie dogters gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle was almal Heman se seuns. Heman was die koning se siener in godsdienstige sake. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee. Dit het natuurlik aan hom groot aansien in die gemeenskap gegee.