1 Chronicles 25:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van Jedutun: die seuns van Jedutun; Gedalja en Seri en Jesaja, Hasabja en Mattitja, ses, onder die hand van hulle vader Jedutun, wat met die siter geprofeteer het om die HERE te loof en te loof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jedutun het ses seuns gehad: Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja. Hulle het onder leiding van hulle pa, Jedutun, gewerk wat God se boodskappe verkondig het terwyl die siter gespeel is, en dank en lof aan die Here geoffer is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die HERE; |
| Afrikaans 1983 | Die seuns van Jedutun, naamlik Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja, was al ses onder leiding van Jedutun, hulle pa, wat met begeleiding van die lier as profeet opgetree het in die dank en die lof aan die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir Jedoetoen was dit Jedoetoen se seuns Gedalja, Seri, Jesaja, Gasabja en Mattitja – ses, onder leiding van hulle vader Jedoetoen, wat op die lier geesdriftig moes speel by die dank en loof van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van die Jedutun-familie was daar die ses seuns van Jedutun, Gedalja, Seri, Jesaja, Gasabja en Mattitja. Hulle pa was die leier. Terwyl die lier speel, het Jedutun gesing om vir die Here dankie te sê en om Hom te prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit Jedutun se seuns was daar Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja. Hulle het onder leiding van Jedutun, hulle pa, gestaan. Hy het met lierbegeleiding as profeet die lof aan die Here gelei. |