1 Chronicles 25:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | van die seuns van Asaf; Sakur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf onder die hand van Asaf, wat geprofeteer het volgens die bevel van die koning. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die seuns van Asaf was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle het gewerk onder leiding van hulle pa, Asaf, wat God se boodskappe op bevel van die koning verkondig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | van die seuns van Asaf: Sakkur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het. |
| Afrikaans 1983 | Die seuns van Asaf, naamlik Sakkur, Josef, Netanja en Asarela, was onder leiding van Asaf wat as profeet in diens van die koning opgetree het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die nageslag van Asaf was dit Sakkur, Josef, Netanja en Asarela, die seuns van Asaf, onder leiding van Asaf, wat op aanwysing van die koning geesdriftig moes speel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van die Asaf-familie was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle was seuns van Asaf, en Asaf was hulle leier. Asaf moes sing wanneer die koning dit wou hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit Asaf se seuns was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle het onder Asaf se leiding gestaan. Hy het as profeet in diens van die koning opgetree. |