1 Chronicles 25:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het Dawid en die leërowerstes afgesonder vir die diens van die seuns van Asaf en van Heman en van Jedutun, wat sou profeteer met siters, met harpe en simbale; en die getal van die arbeiders volgens hulle diens was:
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid en die leërhoofde het mans uit die families van Asaf, Heman en Jedutun aangestel om God se boodskappe te verkondig terwyl daar op siters, harpe en simbale gespeel word. Hier is die lys van hulle name en hulle dienswerke:
Afrikaans 1933/1953 En Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was--
Afrikaans 1983 Dawid en die amptenare in beheer het die seuns van Asaf, Heman en Jedutun vir 'n besondere diens afgesonder. Hulle was mense wat onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete opgetree het. Hier volg besonderhede oor die manne wat 'n funksie gehad het in hierdie diens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid en die leëraanvoerders het die nageslag van Asaf, Heman en Jedoetoen afgesonder vir dienswerk – hulle wat geesdriftig moes speel op liere, harpe en simbale. Die lys van die manne wat die taak moes uitvoer, in ooreenstemming met hulle dienswerk, was soos volg:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid en die hoofde van die leër het besluit wat die manne van die families van Asaf, Heman en Jedutun moes doen. Hulle moes sing terwyl die mense die liere en die harpe en die simbale speel. Hier is die name van die manne wat hierdie werk moes doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid en die hoë amptenare het die families van Asaf, Heman en Jedutun vir ’n spesiale diens afgesonder. Hulle moes onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete optree. Hier is ’n lys van al hierdie mense.