1 Chronicles 24:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, een van die Leviete, het dit geskrywe voor die koning en die owerstes en Sadok, die priester, en Ahimeleg, die seun van Abjatar, en voor die familiehoofde van die priesters en Leviete: een hoofhuisgesin word vir Eleasar geneem, en een vir Itamar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sekretaris Semaja, seun van Netanel, ’n Leviet, het al die name opgeteken in die teenwoordigheid van die koning, die leiers, Sadok, die priester, Agimelek, seun van Abjatar, en die familieleiers van die priesters en Leviete. Die afstammelinge van Eleasar en Itamar is om die beurt met die lot aangewys. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Itamar. |
| Afrikaans 1983 | Die administratiewe amptenaar Semaja, 'n Leviet, seun van Netanel, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning, die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar en die familiehoofde van die priesters en die Leviete. Telkens is twee families vir Eleasar en een vir Itamar geneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Semaja, seun van Netanel, die sekretaris onder die Leviete, het hulle opgeskryf in die teenwoordigheid van die koning en die •hoë amptenare en van Sadok, die priester, en Agimeleg, seun van Abjatar, asook die familiehoofde van die priesters en die Leviete: een familie deur die lot aangewys vir Eleasar en een aangewys vir Itamar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die sekretaris was Semaja seun van Netanel. Hy was 'n Leviet en hy het die priesters se name opgeskryf. Hy het elke maal twee familiehoofde vir Eleasar opgeskryf en een familiehoof vir Itamar. Die koning was ook daar, en ook die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die sekretaris was Semaja, ’n Leviet, Netanel se seun. Hy het die name in die teenwoordigheid van die koning, die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar en die familiehoofde van die priesters en die Leviete opgeskryf. Daar is elke keer twee families vir Eleasar en een vir Itamar geneem. |