1 Chronicles 24:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So is hulle dan deur die lot verdeel, die een met die ander; want die goewerneurs van die heiligdom en goewerneurs van die huis van God was uit die seuns van Eleasar en uit die seuns van Itamar.
Afrikaans (NLV) 2011 Alle take is tussen die groepe verdeel deur middel van die gewyde lot sodat niemand voorkeur gekry het nie, want daar was baie bekwame amptenare wat God in die heiligdom kon dien tussen die afstammelinge van beide Eleasar en Itamar.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Eleásar en onder die seuns van Itamar.
Afrikaans 1983 Hulle het hulle deur loting ingedeel, die een groep by die ander, sodat daar ampsdraers van die heiligdom, ampsdraers vir God, uit die Eleasargeslag én uit die Itamargeslag gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle is groep vir groep deur loting ingedeel, want onder die nageslag van Eleasar, sowel as die nageslag van Itamar, was daar persone wat hoë ampte beklee het in die heiligdom en voor God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het lootjies getrek om die families te verdeel sodat daar priesterleiers van altwee families kon wees wat vir God in die tempel werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die groepe deur loting ingedeel, sonder bevoordeling van enige groep, sodat die mense wat God in die heiligdom moes dien, uit sowel die Eleasargeslag as uit die Itamargeslag gekom het.