1 Chronicles 24:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar is meer hoofmanne gevind van die seuns van Eleasar as van die seuns van Itamar; en so is hulle verdeel. Onder die seuns van Eleásar was daar sestien hoofde van hulle families, en agt onder die seuns van Itamar volgens die huis van hulle vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eleasar se nageslag is in sestien groepe verdeel en Itamar in agt groepe, want daar was meer familieleiers tussen die afstammelinge van Eleasar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Itamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestien familiehoofde en vir die seuns van Itamar volgens hulle families agt. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle vind dat die nageslag van Eleasar meer manlike hoofde het as die nageslag van Itamar, het hulle die nageslag van Eleasar onder sestien familiehoofde en die nageslag van Itamar onder ag ingedeel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe dit blyk dat die nageslag van Eleasar, volgens die getal manne, meer was as die nageslag van Itamar, is hulle soos volg ingedeel: vir die nageslag van Eleasar, sestien hoofde vir die families, vir die nageslag van Itamar, agt hoofde vir die families. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle sien dat daar in die Eleasar-familie meer mans is wat hoofde kan wees as in die Itamar-familie, het hulle die Eleasar-familie verdeel in 16 groepe en die Itamar-familie in ag groepe. Elke groep het 'n familiehoof gehad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eleasar se nageslag is in sestien familiegroepe ingedeel en Itamar s’n in agt, omdat daar meer familiehoofde in Eleasar se nageslag was. |