1 Chronicles 24:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het eweneens die lot gewerp teen hulle broers, die seuns van Aäron, voor die teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahimeleg en die familiehoofde van die priesters en Leviete, die vernaamste vaders teenoor hulle jonger broers.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos die afstammelinge van Aäron is hulle ook aan dienswerke toegewys deur middel van die gewyde lot, sonder om ouderdom of rang in ag te neem. Dit is in die teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familieleiers van die priesters en Leviete gedoen.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.
Afrikaans 1983 Hulle het ook, naas hulle broers, die nageslag van Aäron, deelgeneem aan die loting in teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familiehoofde van die priesters en die Leviete. Van elke familie is almal, van die hoof tot by sy jongste broer, ingereken.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook hulle het die lot gewerp, op dieselfde wyse as hulle stamgenote, die nageslag van Aäron, in die teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimeleg en die familiehoofde van die priesters en Leviete. Die familie van die familiehoof is op dieselfde wyse behandel as dié van die jongste broer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ook lootjies getrek soos die ander Leviete, die nageslag van Aäron. Koning Dawid, Sadok, Agimelek, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete was ook daar. Hulle het lootjies getrek vir al die families, vir die grootmense en vir die kinders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net soos die nageslag van Aäron, het hulle ook lootjies getrek vir hulle take, sonder dat senioriteit in ag geneem is. Dit het voor koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familiehoofde van die priesters en die Leviete gebeur.