1 Chronicles 24:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het hulle, Sadok uit die seuns van Eleasar en Ahiméleg uit die seuns van Itamar, verdeel volgens hulle amptenare in hulle diens.
Afrikaans (NLV) 2011 Met die hulp van Sadok, wat ’n afstammeling van Eleasar was, en van Agimelek, wat ’n afstammeling van Itamar was, het Dawid hulle in groepe ingedeel volgens hulle verskillende dienswerke.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Itamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.
Afrikaans 1983 Dawid het hulle met behulp van Sadok, uit die nageslag van Eleasar, en Agimelek, uit die nageslag van Itamar, in diensgroepe ingedeel vir die uitvoering van hulle pligte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid en Sadok, uit die nageslag van Eleasar, en Agimeleg, uit die nageslag van Itamar, het die nageslag van Aäron volgens hulle verantwoordelikhede in groepe ingedeel vir hulle dienswerk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sadok van die Eleasar-familie en Agimelek van die Itamar-familie het vir Dawid gehelp om die priesters in groepe te verdeel om hulle werk te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het hulle met die hulp van Sadok, uit Eleasar se nageslag, en Agimelek, uit Itamar se nageslag, in groepe ingedeel om hulle werk te doen.