1 Chronicles 24:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Nadab en Abíhu het voor hulle vader gesterwe, en hulle het geen kinders gehad nie; daarom het Eleasar en Itamar die priesteramp behartig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Nadab en Abihu het voor hulle pa gesterf, en hulle het geen seuns gehad nie. Net Eleasar en Itamar was oor om as priesters te dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Itamar die priesteramp bedien het. |
| Afrikaans 1983 | Nadab en Abihu is egter dood vóór hulle pa en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom het net Eleasar en Itamar die priesterskap gekry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadab en Abihu is voor hulle vader oorlede en het nie seuns gehad nie. Eleasar en Itamar het toe as priesters opgetree. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle pa nog gelewe het en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom was net Eleasar en Itamar die hoofde van priester-families. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadab en Abihu is egter voor hulle pa dood en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom het net Eleasar en Itamar die priesterskap gekry. |