1 Chronicles 24:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit was die bevele van hulle in hulle diens om in die huis van die HERE in te gaan, volgens hulle gebruik, onder hulle vader Aäron, soos die HERE, die God van Israel, hom beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Elke groep het sy pligte in die huis van die Here uitgevoer volgens die prosedures wat hulle voorouer Aäron vir hulle voorgeskryf het, soos die Here, die God van Israel, hom beveel het.
Afrikaans 1933/1953 Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die HERE te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die HERE, die God van Israel, hom beveel het.
Afrikaans 1983 Dit was die diensgroepe waarvolgens hulle vir die uitvoering van hulle pligte na die huis van die Here toe gekom het. Dit moes geskied volgens die orde wat Aäron, hulle pa, neergelê het in ooreenstemming met die bevel van die Here die God van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie groep se verantwoordelikheid, in ooreenstemming met hulle dienswerk, was om in die huis van die Here in te gaan volgens die voorskrif aan hulle, by monde van Aäron, hulle voorvader, soos die Here, die God van Israel, hom beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die groepe wat by die tempel moes kom werk. Hulle voorvader Aäron het gesê hoe hulle dit moet doen. Die Here, die God van Israel, het gesê Aäron moet dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was die groepe waarvolgens hulle hulle take in die huis van die Here kom uitvoer het. Dit moes gebeur volgens die reëls wat Aäron, hulle voorvader, neergelê het in gehoorsaamheid aan die opdragte van Jahwe, die God van Israel.