1 Chronicles 23:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat hulle die diens van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens van die seuns van Aäron, hulle broers, moes waarneem in die diens van die huis van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het die Leviete onder toesig van die priesters, aan wie hulle verwant was, oor die tent van samekoms en die heiligdom gewaak en getrou hulle pligte in die tempel van die Here uitgevoer. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | So moes hulle al die nodige doen by die tent van ontmoeting, by die heiligdom, en saam met hulle ampsbroers die priesters in die diens van die huis van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het hulle dan hulle verpligting by die Tent van Ontmoeting en by die heiligdom nagekom, asook hulle verpligting teenoor die nageslag van Aäron, hulle stamgenote, as dienswerk by die huis van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So moes die Leviete help werk by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het, by die gewyde plek. Dit was die werk wat hulle familie, die nageslag van Aäron, by die tempel moes doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Deur hulle werk in die tempel van die Here het hulle die spesiale dienste vir die Here in stand gehou. |