1 Chronicles 23:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En om alle brandoffers aan die HERE te bring op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, volgens die getal, volgens die bevel wat aan hulle beveel is, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook met die brandoffers gehelp wat op Sabbatdae vir die Here gebring is, en op nuwemane en feestye. Die regte getal Leviete het te alle tye in die Here se teenwoordigheid gedien, en hulle het al die prosedures gevolg wat vir hulle voorgeskryf is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die HERE op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Verder moes hulle help by die bring van al die offers vir die Here op sabbatte, nuwemaansfeeste en ander feestye. Dit moes voortdurend voor die Here geskied, volgens die reëlmaat wat daarvoor vasgestel is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en om al die brandoffers vir die Here te bring op die Sabbatte, op die nuwemaansfeeste en op die vaste aantal feestye, telkens voor die Here, volgens die voorskrif daaroor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moes help wanneer die priesters vir die Here brand-offers bring op Sabbatdae, op Nuwemaan-feeste en op ander feeste. Daar moes altyd genoeg Leviete wees om te help werk by die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en moes help met die bring van al die offers vir die Here op die sabbat, nuwemaansfeeste en ander feestye. Die regte aantal Leviete moes altyd in die tempel werk, presies volgens die voorskrifte wat aan hulle gegee is. |