1 Chronicles 23:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ook vir die toonbrood en vir die fynmeel as spysoffer en vir die ongesuurde koeke en vir wat in die pan gebak word en vir wat gebraai word, en vir elke maat en grootte; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle was in beheer van die offerbrode wat op die tafel gesit is, die fynmeel vir die spysoffer, die ongesuurde platkoeke, die gebakte offers en die offers wat met olie gemeng is. Hulle was ook verantwoordelik om al die mate en gewigte te kontroleer. |
| Afrikaans 1933/1953 | en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate; |
| Afrikaans 1983 | Hulle moes sorg vir die offerbrood, die meel vir die graanoffer, die ongesuurde brood, die bakplaat, die deegmengsel en vir elke inhouds- en lengtemaat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir die brood gerangskik in rye, die gesifte meel vir die •graanoffer, die ongesuurde platbrode, die bakplaat, die kniewerk, en vir alle inhoudsmate en afmetings; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete moes ook help om die offer-brood en die meel vir die koring-offer gereed te maak. Hulle moes die ongesuurde brood bak, die bakplaat skoonmaak, die deeg meng en kyk dat die mense reg weeg en meet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moes sorg vir die offerbrood, die meel vir die graanoffer, die ongesuurde brood, die bakplaat, die deegmengsel en vir elke inhouds- en lengtemaat. |