1 Chronicles 23:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle amp was om op die seuns van Aäron te wag vir die diens van die huis van die HERE, in die voorhowe en in die kamers, en in die reiniging van alle heilige dinge en die werk van die diens van die huis van God;
Afrikaans (NLV) 2011 Die werk van die Leviete was om die priesters, die afstammelinge van Aäron, by te staan wanneer hulle in die huis van die Here dien. Hulle moes ook sorg dra vir die voorhowe en sykamers, help om die reinigingseremonies uit te voer en op baie ander maniere in die huis van God te werk.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;
Afrikaans 1983 Hulle het die Aäroniete bygestaan in die diens van die huis van die Here. Hulle was verantwoordelik vir die voorhowe, die kamers, die reiniging van al die gewyde dinge en vir die werksaamhede van die tempeldiens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle plek was immers langs die nageslag van Aäron vir dienswerk in die huis van die Here, om te sorg vir die voorhowe en vertrekke, die reiniging van elke heilige voorwerp, as dienswerk in die huis van God,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moes die priesters help wanneer die priesters in die tempel werk of op die oop stukke grond of in die kamers, en wanneer die priesters al die gewyde dinge reinig en die werk in die tempel doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle moes die nageslag van Aäron help met die werk in die huis van die Here. Hulle was verantwoordelik vir die voorportale, die kamers, die skoonmaak van al die gewyde dinge en vir die werksaamhede van die tempeldiens.