1 Chronicles 23:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want volgens die laaste woorde van Dawid is die Leviete getel van twintig jaar oud en ouer:
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was volgens Dawid se finale instruksies dat al die Leviete van twintig en ouer vir die dienswerk geregistreer is.
Afrikaans 1933/1953 Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)
Afrikaans 1983 Dit is dus die getal Leviete van twintig jaar en ouer wat diens gedoen het soos Dawid dit kort voor sy dood gereël het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, in aansluiting by Dawid se laaste opdragte, moes hulle, wanneer die Leviete getel word, twintig jaar en ouer wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was al die Leviete wat 20 jaar en ouer was. Dawid het 'n kort tydjie voordat hy gesterf het, gesê hulle moet hierdie werk doen:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was Dawid se laaste instruksies dat al die Leviete van twintig jaar en ouer vir diens aangeteken moes word.