1 Chronicles 23:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit was die seuns van Levi volgens die huis van hulle vaders; ook die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name volgens hulle stempunte, wat die dienswerk van die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar af en daarbo. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle was almal die afstammelinge van Levi volgens hulle families, die familieleiers, sorgvuldig aangeteken volgens hulle name. Elkeen moes twintig jaar of ouer wees om te kwalifiseer om in die huis van die Here te dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo. |
| Afrikaans 1983 | Dit is dan die Leviete volgens hulle families, die familiehoofde volgens hulle diensgroepe, soos hulle een vir een by name opgeneem is. Die Leviete van twintig jaar en ouer het die werksaamhede verrig in die diens van die huis van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was die seuns van Levi volgens hulle families met die familiehoofde, soos wat hulle kop vir kop ingeskryf is met die getal name – hulle wat die dienswerk vir die huis van die Here moes doen, van twintig jaar en ouer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was die Levi-families, die familiehoofde en hulle groepe. Elkeen se naam is in 'n naamlys geskryf. Die Leviete wat 20 jaar en ouer was, moes die werk in die tempel doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie is dan die Leviete volgens hulle families met die familiehoofde volgens hulle diensgroepe, soos hulle een vir een by name aangeteken is. Elke Leviet van twintig jaar en ouer het hulle take by die huis van die Here verrig, |