1 Chronicles 23:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Eleasar het gesterwe en het geen seuns gehad nie, maar dogters; en hulle broers, die seuns van Kis, het hulle geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eleasar is dood sonder om ’n seun te hê. Hy het net dogters gehad. Sy dogters is met hulle nefies, die seuns van Kis, getroud. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem. |
| Afrikaans 1983 | Toe Eleasar gesterf het, het hy geen seuns gehad nie, net dogters. Hulle verwante, die seuns van Kis, het met hulle getrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Eleasar gesterf het, het hy nie seuns gehad nie, net dogters. Die seuns van Kis, hulle stamgenote, het toe met hulle getrou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Eleasar gesterf het, het hy nie seuns gehad nie, hy het net dogters gehad. Die dogters het getrou met mans van die Kis-familie, die mans was hulle eie familie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Eleasar dood is, het hy nie seuns gehad nie, net dogters. Hulle neefs, die seuns van Kis, het met hulle getrou. |