1 Chronicles 23:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die seuns van Amram; Aäron en Moses, en Aäron is geskei om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns tot in ewigheid, om rook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en in sy Naam te seën tot in ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die seuns van Amram was Aäron en Moses. Aäron en sy afstammelinge is afgesonder om die hoogheilige dinge te wy, om offers in die Here se teenwoordigheid te bring, om die Here te dien en om altyd seëninge in sy Naam uit te spreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën. |
| Afrikaans 1983 | Die seuns van Amram was Aäron en Moses. Aäron is vir altyd afgesonder, hy en sy nageslag, om blywend die heilige diens in die Allerheiligste te verrig, om vir die Here wierookoffers te bring, Hom te dien en in sy Naam die seën uit te spreek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Amram se seuns was Aäron en Moses. Aäron is afgesonder, sodat hy die besonder heilige voorwerpe kon heilig, voor die Here offers kon verbrand, Hom kon dien, en altyd in sy Naam kon seën. Dit geld vir hom en sy nageslag vir altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Amram se seuns was Aäron en Moses. Aäron moes werk met die hoog-gewyde dinge en hy moes sorg dat dit altyd gewyd is, hy en sy nageslag, vir altyd. Hulle moes altyd wierook-offers vir die Here bring, hulle moes vir Hom werk en vir die volk sê dat die Here hulle sal seën. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Amram se seuns was Aäron en Moses. Aäron en sy nageslag is vir altyd afgesonder om die heilige werk in die Allerheiligste te doen, om vir die Here wierookoffers te bring, om Hom te dien en om in sy Naam die seën oor die volk uit te spreek. |