1 Chronicles 23:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede, maar Jeus en Bería het nie baie seuns gehad nie; daarom het hulle een berekening gehad volgens die huis van hulle vader.
Afrikaans (NLV) 2011 Jagat was die familieleier, en Sisa was volgende. Jeüs en Beria is as een familie getel omdat nie een van hulle baie seuns gehad het nie.
Afrikaans 1933/1953 En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam 'n familie, een klas gevorm het.
Afrikaans 1983 Jagat was hoof en Sisa tweede in rang. Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie en vorm saam een diensgroep van die familie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jagat was die familiehoof en Sisa die tweede, maar Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie, en hulle het as 'n familie, as een diensgroep, opgetree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jagat was hulle hoof, en Sisa was die onder-hoof. Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie, en hulle was saam een familie-groep.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jagat was eerste en Sisa tweede. Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie en vorm saam een diensgroep van die familie.