1 Chronicles 22:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word, wat 'n man van rus sal wees; en Ek sal hom rus gee van al sy vyande rondom, want sy naam sal Salomo wees, en Ek sal vrede en stilte aan Israel gee in sy dae.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar jy sal ’n seun hê wat vrede en rus in sy tyd sal beleef. Ek sal hom vrede met sy vyande en al die omliggende lande gee. Sy naam sal Salomo wees, en Ek sal vrede en rus in Israel gedurende sy regering gee.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word; hy sal 'n man van rus wees, en Ek sal hom rus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee.
Afrikaans 1983 Jy gaan 'n seun hê wat 'n man van vrede sal wees, want Ek sal hom rus gee van al sy vyande rondom hom. Daarom sal sy naam Salomo wees: Ek sal vrede en kalmte aan Israel gee tydens sy regering.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word. Hy sal 'n rustige man wees, en Ek sal hom rus gee van al sy vyande aan alle kante. Ja, Salomo sal sy naam wees, en Ek sal vrede en kalmte aan Israel skenk in sy dae.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk, jy sal 'n seun kry, en hy sal lief wees vir vrede. Ek sal hom laat rus, vyande sal nie oorlog maak teen hom nie. Ja, sy naam sal Salomo wees, en in die tyd wanneer hy koning is, sal Ek dit goed laat gaan in die land Israel, alles sal stil wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy sal ’n seun hê wat ’n man van vrede sal wees. Ek sal hom rus gee van die vyandelikhede van sy bure en sy naam sal Salomo wees. Onder sy bewind sal Ek groot rus en vrede vir Israel gee.