1 Chronicles 22:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid: My seun Salomo is jonk en teer, en die huis wat vir die HERE gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, van roem en heerlikheid in al die lande; So het Dawid oorvloedig voorberei voor sy dood.
Afrikaans (NLV) 2011 Want Dawid het gesê: “My seun Salomo is nog jonk en onervare, en die huis wat vir die Here gebou gaan word, moet indrukwekkend en groot wees, ’n roem en ’n sieraad vir alle lande. Daarom tref ek vir hom die voorbereidings.” Daarom het Dawid voor sy dood al groot hoeveelhede boumateriaal bymekaargemaak.
Afrikaans 1933/1953 Want Dawid het gesê: My seun Salomo is jonk en teer, en die huis wat vir die HERE gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot 'n roem en 'n sieraad van al die lande; laat my dan vir hom die bou voorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.
Afrikaans 1983 Dawid het gesê: “My seun Salomo is nog jonk en sag, en die huis wat vir die Here gebou gaan word, moet indrukwekkend groots wees, 'n roem en 'n sieraad vir alle lande. Daarom tref ek maar vir hom die voorbereidings.” So het Dawid voor sy dood 'n groot hoeveelheid materiaal gereed gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het gesê: “My seun Salomo is nog jonk en onervare, en die huis wat vir die Here gebou moet word, moet buitengewoon groot wees en in al die lande roem en eer verwerf; ek wil daarvoor voorbereidings tref.” Dawid het toe voor sy dood talle voorbereidings getref.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gesê: “My seun Salomo is jonk en swak. Die tempel wat hy moet laat bou, moet baie groot wees. Mense van al die lande moet praat oor hoe mooi hierdie tempel is. Daarom wil ek alles gereedmaak vir hom.” Dawid het toe baie dinge gereedgemaak voordat hy gesterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het gesê: “My seun Salomo is nog jonk en onervare, maar die huis wat vir die Here gebou word, moet só ’n ongelooflik grootse bouwerk wees dat sy gelyke nie op die aarde bestaan nie. Mense in ander lande moet dit bewonder. Daarom sal ek nou al begin voorbereidings tref vir die bou daarvan.” Dawid het toe voor sy dood reeds meer as genoeg boumateriaal bymekaar begin maak.