1 Chronicles 22:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het bevel gegee om die vreemdelinge wat in die land van Israel was, bymekaar te maak; en hy het messelaars aangestel om bewerkte klippe te kap om die huis van God te bou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het beveel dat al die vreemdelinge wat in Israel leef, bymekaar moet kom. Hy het hulle aangestel om die blokke klip reg te kap om die tempel van God mee te bou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het bevel gegee om die vreemdelinge wat in die land van Israel was, te versamel, en hy het klipkappers aangestel om gekapte klippe reg te slaan om die huis van God te bou. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het die vreemdelinge wat in Israel woonagtig was, bymekaar laat bring en klipkappers aan die werk gesit om messelklippe reg te kap vir die bou van die huis van God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het toe mense aangesê om die •vreemdelinge wat in die land Israel was, bymekaar te maak. Hy het hulle as klipkappers in diens geneem om gekapte klip gereed te kry vir die bou van die huis van God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Dawid gesê die vreemdelinge wat in die land is, moet bymekaarkom, en hy het party van hulle gekies en aangestel om klippe reg te kap om die tempel te bou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het beveel dat die vreemdelinge in die land bymekaargemaak moes word. Hy het hulle die taak gegee om bouklippe vir die oprigting van die tempel van God te kap. |