1 Chronicles 22:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Stel nou jou hart en jou siel daarop in om die HERE jou God te soek; staan dan op en bou die heiligdom van die HERE God, om die verbondsark van die HERE en die heilige voorwerpe van God te bring in die huis wat vir die Naam van die HERE gebou moet word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soek nou die Here julle God met julle hele hart. Bou die heiligdom van die Here God sodat julle die verbondsark van die Here en die heilige voorwerpe van God in die tempel kan bring om die Here te eer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Rig nou julle hart en julle siel daarop om die HERE julle God te soek, en maak julle gereed en bou die heiligdom van die HERE God, dat julle die verbondsark van die HERE en die heilige voorwerpe van God kan bring in die huis wat vir die Naam van die HERE gebou sal word. |
| Afrikaans 1983 | Gee nou hart en siel daaraan om aan die Here julle God gehoorsaam te wees, en begin bou aan die heiligdom van God die Here, sodat die verbondsark van die Here en die gewyde voorwerpe van God ingebring kan word in die huis wat vir die Naam van die Here gebou sal word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Rig julle nou met hart en siel daarop om die Here julle God te soek. Maak gereed en bou die heiligdom van die Here God, sodat julle die verbondsark van die Here en die heilige voorwerpe van God kan bring na die huis wat vir die Naam van die Here gebou word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou moet julle hard probeer om te doen wat julle God die Here wil hê, julle moet begin om die tempel van God die Here te bou sodat julle die verbondskis van die Here en die gewyde gereedskap van God kan inbring in die tempel wat julle bou waar die Here kan woon.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sorg nou dat julle doen wat die Here wil hê. Maak reg en bou die heilige plek vir die Here God, sodat julle die verbondsark van die Here en die ander heilige voorwerpe van God in die tempel ter ere van God kan kom neersit.” |