1 Chronicles 22:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is die HERE jou God nie met jou nie? en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? want Hy het die inwoners van die land in my hand gegee; en die land is onderwerp voor die aangesig van die HERE en voor sy volk.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here julle God is met julle,” het hy verklaar. “Hy het julle rus gegee van die omringende volke. Hy het al die inwoners van die land aan my oorgegee, en hulle is nou onderdane van die Here en sy volk.
Afrikaans 1933/1953 Was die HERE julle God nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor die aangesig van die HERE en voor sy volk onderwerp.
Afrikaans 1983 “Was die Here julle God nie by julle nie en het Hy julle nie op alle grense rus gegee nie? Hy het die inheemse bevolking van die land in my mag gegee, en die land is aan die Here en sy volk onderwerp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Is die Here julle God nie met julle nie? En het Hy julle nie aan alle kante rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is aan die Here en aan sy volk onderwerp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gesê: “Julle God die Here was by julle, Hy het julle laat wen teen al julle vyande. Hy het my laat wen teen die mense wat in die land gewoon het. Die Here en sy volk kon oor almal in die land regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here is by julle,” het hy gesê. “Hy het vir julle vrede met die volke rondom julle gegee. Hy het hulle aan my onderwerp en hulle is nou ondergeskik aan die Here en sy volk.