1 Chronicles 22:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou kyk, ek het in my benoudheid vir die huis van die HERE honderd duisend talente goud en duisend duisend talente silwer berei; en van koper en yster sonder gewig; want dit is in oorvloed; ook hout en klip het Ek berei; en jy kan daarby byvoeg.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het hard gewerk om materiaal vir die bou van die tempel van die Here te verskaf — byna drie en ’n half ton goud en 34 000 ton silwer, en soveel yster en koper dat dit nie geweeg kan word nie. Ek het ook hout en klip bymekaargemaak, alhoewel jy meer nodig kan kry.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van die HERE honderd duisend talente goud en 'n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.
Afrikaans 1983 Onder al my swaarkry het ek vir die huis van die Here drie duisend vier honderd sewe en twintig ton goud en vier en dertig duisend twee honderd en sewentig ton silwer opsy gesit, en 'n massa brons en yster, te veel om te weeg. Ek het ook hout en klip gereed gemaak, en jy kan daar nog byvoeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, deur my selfverloëning kon ek vir die huis van die Here honderdduisend kikkar goud en 'n miljoen kikkar silwer voorsien, en brons en yster wat nie geweeg kan word nie, omdat dit so baie is. Hout en klip voorsien ek ook, maar jy moet nog daarby voeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk, ek het hard gewerk. Ek het 100 000 talente goud en een miljoen talente silwer bymekaargemaak vir die tempel, en ook so baie brons en yster dat 'n mens dit nie kan weeg nie. Ek het ook hout en klip bymekaargemaak, en jy kan nog meer daarby sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het met groot moeite materiaal vir die bou van die tempel bymekaar begin maak. Daar is al meer as 3 400 ton goud en oor die 34 000 ton silwer en soveel brons en yster dat ’n mens dit nie kan weeg nie. Ek het ook hout en bouklippe bymekaargemaak, wat jy kan aanvul as dit nodig is.