1 Chronicles 22:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal jy voorspoedig wees as jy ag gee op die uitvoering van die insettinge en verordeninge wat die HERE Moses aangaande Israel beveel het: wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want as jy sorgvuldig al die opdragte en bepalings uitvoer wat die Here deur Moses vir Israel gegee het, sal jy suksesvol wees. Daarom, wees sterk en vol moed. Moenie bang of moedeloos word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat die HERE aan Moses oor Israel beveel het; wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal voorspoed hê net as jy sorg dra dat die voorskrifte en bepalings wat die Here vir Moses in verband met Israel gegee het, nagekom word. Wees sterk en staan vas. Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | slegs dan sal jy sukses behaal – as jy die vaste voorskrifte en bepalings wat die Here vir Moses aangaande Israel beveel het, noukeurig nakom. Wees dapper en sterk! Moenie bang wees nie en moet jou nie laat afskrik nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal goed gaan met jou as jy kyk dat die Israeliete doen wat die Here gesê het en as hulle doen wat Hy besluit het. Die Here het dit alles vir Moses gesê. My seun, jy moet sterk en dapper wees, jy moenie bang wees nie, jy moenie skrik nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | want as jy die wette en reëls wat die Here deur Moses vir Israel gegee het, presies uitvoer, sal jy suksesvol wees. Wees sterk en dapper, moenie bang word of moed verloor nie! |