1 Chronicles 22:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net die HERE gee jou wysheid en insig, en gee jou bevel aangaande Israel, dat jy die wet van die HERE jou God kan onderhou.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag die Here jou ook wysheid en begrip gee sodat jy die opdragte van die Here jou God sal gehoorsaam terwyl jy oor Israel regeer.
Afrikaans 1933/1953 Mag die HERE jou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van die HERE jou God te onderhou.
Afrikaans 1983 Mag die Here jou tog net verstand en insig gee en die nodige opdragte in verband met Israel, dat jy die wet van die Here jou God kan nakom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag die Here tog net vir jou insig en begrip gee om, wanneer Hy jou oor Israel aanstel, die wet van die Here jou God na te kom;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek bid dat die Here jou sal help om dinge te ken en te verstaan, en dat Hy vir jou sal sê hoe jy oor Israel moet regeer. Ek bid dat jy sal doen wat die wette van jou God die Here sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag Hy jou wysheid en begrip gee, sodat jy die wet van die Here, die God van Israel, kan uitvoer, terwyl jy oor Israel regeer,