1 Chronicles 22:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou, my seun, die HERE wees met jou! en wees voorspoedig en bou die huis van die HERE jou God soos Hy van jou gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nou, my seun, mag die Here met jou wees en jou suksesvol maak terwyl jy die instruksies volg wanneer jy die tempel van die Here jou God bou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou, my seun, mag die HERE met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van die HERE jou God te bou soos Hy oor jou gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | “Mag die Here dan nou by jou wees, my seun, en jou voorspoed gee dat jy die huis van die Here jou God kan bou soos Hy beloof het dat jy sal doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Daarom, my seun, mag die Here met jou wees, en mag jy sukses behaal en die huis van die Here jou God bou soos Hy aangaande jou gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, my seun, ek bid dat die Here by jou sal wees en dat dit goed sal gaan met jou, sodat jy die tempel van jou God die Here sal bou, Hy het gesê jý sal dit bou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dus, my seun, mag die Here by jou wees. Mag Hy jou suksesvol maak wanneer jy die tempel volgens sy opdragte vir Hom begin bou. |