1 Chronicles 22:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sal vir my Naam 'n huis bou; en hy sal vir My 'n seun wees, en Ek sal vir hom 'n vader wees; en Ek sal die troon van sy koninkryk oor Israel bevestig tot in ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy is die een wat ’n tempel tot my eer sal bou. Hy sal my seun wees, en Ek sal sy Vader wees. Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel vir altyd bevestig.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en hy sal vir My 'n seun wees, en Ek vir hom 'n Vader; en Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel bevestig tot in ewigheid. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal vir my Naam 'n huis bou. Hy sal vir My 'n seun en Ek vir hom 'n vader wees. Ek sal die troon van sy koninklike heerskappy oor Israel altyd stewig laat staan.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is die een wat vir my Naam 'n huis sal bou; Hy sal vir My 'n seun wees, en Ek sal vir hom 'n vader wees. Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel vir altyd bestendig.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is hý wat die tempel sal bou waar Ek kan woon. Hý sal vir my 'n seun wees en Ek sal vir hom 'n vader wees. Ek sal hom baie lank oor Israel laat regeer.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy is die een wat ter ere van my Naam ’n tempel moet bou. Hy sal vir my ’n seun wees en Ek vir hom ’n pa. Ek sal sy koningskap vir altyd in Israel laat aanhou.’ |