1 Chronicles 22:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid: Dit is die huis van die HERE God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het gesê: “Hier is die plek vir die huis van die Here God en die plek vir die altaar vir Israel se brandoffers!”
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het gesê: Dit is die huis van die HERE God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel.
Afrikaans 1983 Dawid het toe gesê: “Die heiligdom van God, die Here, is nou hier by die dorsvloer en hier is ook die brandofferaltaar vir Israel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid sê toe: “Dit moet die huis van die Here God wees, en hierdie die altaar vir die •brandoffers van Israel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gesê: “Die tempel van God die Here moet hier wees en die brandoffer-altaar van Israel moet hier wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het toe gesê: “Dit is die plek dié waar ons die huis van die Here God en die altaar vir Israel se offers gaan bou.”