1 Chronicles 21:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir God: Ek het baie gesondig, omdat ek hierdie ding gedoen het; maar doen tog nou die ongeregtigheid van u kneg weg; want ek het baie dwaas gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Dawid vir God: “Ek het baie teen U gesondig en moes nie die sensus opgeneem het nie. Vergewe my asseblief omdat ek hierdie dwase ding gedoen het!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het teenoor God bely: “Ek het swaar gesondig toe ek hierdie ding gedoen het. Vergewe tog nou my oortreding! Waarlik, ek het baie dwaas opgetree.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Dawid vir God: “Ek het ernstig gesondig met hierdie daad wat ek gedoen het. Skeld nou asseblief die sondeskuld van u dienskneg kwyt, want ek het baie dwaas opgetree.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Dawid vir God gesê: “Ek het 'n groot sonde gedoen toe ek hierdie ding laat doen het. Nou moet U asseblief u dienaar se sonde vergewe, want ek het 'n baie dom ding gedoen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het vir God gesê: “Ek het ’n groot sonde gedoen deur die volkstelling te hou. Vergewe my, asseblief; ek besef dit was ’n dom ding om te doen.” |