1 Chronicles 21:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En God was ontevrede in hierdie saak; daarom het hy Israel verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God was baie ontevrede met die sensus, en Hy het Israel daarvoor gestraf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref. |
| Afrikaans 1983 | In die oë van God was die saak verkeerd en Hy het Israel dan ook daaroor swaar gestraf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie saak was verkeerd in die oë van God, en Hy het Israel getref. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het ook nie gehou van wat Dawid gedoen het nie en Hy het die Israeliete gestraf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God was baie ontevrede oor die volkstelling en het Israel daaroor gestraf. |