1 Chronicles 21:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joab het die som van die getal van die volk aan Dawid gegee. En al hulle uit Israel was duisend duisend honderd duisend man wat die swaard uittrek, en Juda was vier honderd en sestig duisend man wat die swaard uittrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Joab het die getal mense aan Dawid kom rapporteer. Daar was 1 100 000 mense wat militêre diens kon lewer in Israel, en 470 000 in Juda. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel was elf honderd duisend man wat die swaard uittrek, en Juda vier honderd en sewentig duisend man wat die swaard uittrek. |
| Afrikaans 1983 | waar hy die resultaat van die volkstelling aan Dawid oorhandig het. Israel was in totaal een miljoen een honderd duisend weerbare man en Juda vier honderd en sewentig duisend. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joab het die getal van die manskappe waarvan 'n opname gemaak is, aan Dawid gegee. Die hele Israel was eenmiljoen eenhonderdduisend man, gewapen met swaarde, en Juda was vierhonderd-en-sewentigduisend man, gewapen met swaarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir Dawid gesê hoeveel mense hy getel het. Die manne van Israel wat oorlog kon maak, was almal saam 1 100 000, en die manne van Juda wat oorlog kon maak, was 470 000. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hy die getalle vir Dawid gegee: in die hele Israel was daar 1,1 miljoen weerbare manne en in Juda 470 000. |