1 Chronicles 21:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die woord van die koning het die oorhand gekry teen Joab. Daarom het Joab weggetrek en deur die hele Israel getrek en in Jerusalem aangekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die koning het daarop aangedring dat Joab die sensus opneem. Daarom het Joab deur die hele Israel getrek om die volk te tel. Toe is hy terug Jerusalem toe.
Afrikaans 1933/1953 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.
Afrikaans 1983 Maar die koning se bevel aan Joab het bly staan. Joab het vertrek, die hele Israel deurgegaan en na Jerusalem toe teruggekom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning se woord het egter meer gewig gedra as dié van Joab, en Joab het uitgegaan, deur die hele Israel getrek en weer in Jerusalem aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die koning het gesê Joab móét dit doen, en Joab moes doen wat die koning gesê het. Joab het deur die hele land Israel gegaan en hy het toe teruggekom in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het hom nie daaraan gesteur nie en Joab gedwing om die volkstelling te doen. Joab het die hele land deurgegaan en toe hy weer in Jerusalem aankom,