1 Chronicles 21:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Dawid kon nie voor hom uitgaan om God te raadpleeg nie, want hy was bang vir die swaard van die engel van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Dawid wou nie daarheen gaan om God te raadpleeg nie omdat hy bang was vir die uitgetrekte swaard van die engel van die Here.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van die HERE.
Afrikaans 1983 maar Dawid was nie in staat om God daar te gaan raadpleeg nie, want hy is afgeskrik deur die swaard van die engel van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar Dawid kon nie voor daardie altaar verskyn om God te raadpleeg nie, want vrees vir die swaard van die engel van die Here het hom oorval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Dawid kon nie daar by die tempel-tent gaan vra wat God wil hê hy moet doen nie, want hy was bang vir die Engel van die Here en vir sy swaard.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid kon egter nie toe daarheen gaan om uit te vind wat die Here se wil is nie, want hy was nog te bang nadat hy die groot swaard van die engel van die Here gesien het.