1 Chronicles 21:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Joab antwoord: Mag die HERE sy volk honderd maal meer maak as wat hulle is; maar, my heer die koning, is hulle nie almal die dienaars van my heer nie? waarom eis my heer dan hierdie ding? waarom sal hy 'n oortreding van Israel wees?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Joab het geantwoord: “Mag die Here sy volk honderd maal vermeerder! Maar hoekom, o Koning, wil u dit doen? Is hulle nie almal u dienaars nie? Waarom wil u dit doen? Hoekom moet u Israel laat sondig?”
Afrikaans 1933/1953 En Joab sê: Mag die HERE by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?
Afrikaans 1983 Toe sê Joab: “Selfs al sou die Here by sy volk honderd keer soveel byvoeg as wat hulle nou is, sal u mos nog koning wees! Hulle is mos almal u onderdane. Waarom wil u dit doen, U Majesteit? Waarom moet dit nou 'n sondelas op Israel word?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Joab het geantwoord: “Mag die Here by sy manskappe nog 'n honderd maal soveel byvoeg as wat hulle is! My heer die koning, is hulle nie almal my heer se onderdane nie? Waarom versoek my heer dit? Waarom moet dit vir Israel 'n skuldlas word?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab het gesê: “Ek wens die Here maak sy volk 100 maal meer as wat hulle is. Maar, Meneer die koning, hulle behoort almal aan jou, hoekom wil jy hierdie ding doen? Die Here sal die Israeliete straf as jy dit doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab het Dawid geantwoord: “Mag die Here sy volk ’n honderd keer meer maak as wat hulle nou is! Maar waarom wil u nou hierdie telling laat doen? Almal is tog u onderdane. Waarom wil u Israel nou laat sonde doen?”