1 Chronicles 21:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê koning Dawid vir Ornan: Nee! maar ek sal dit waarlik vir die volle prys koop, want ek sal dit wat joue is, vir die HERE nie neem nie en ook nie sonder koste brandoffers bring nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die koning het vir Arauna gesê: “Nee, ek dring daarop aan om te betaal wat dit werd is. Ek kan nie wat joune is, vat en vir die Here gee nie. Ek sal nie ’n brandoffer bring wat my niks kos nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: Nee, maar ek wil dit verseker koop vir die volle geld; want ek wil nie wat aan jou behoort, vir die HERE neem, dat ek verniet 'n brandoffer sou bring nie. |
| Afrikaans 1983 | Hierop het koning Dawid vir Arauna gesê: “Nee, ek koop dit beslis van jou vir die volle waarde. Ek kan nie van wat joune is vir die Here bring nie. Ek bring nie 'n brandoffer wat my niks kos nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar koning Dawid het Ornan geantwoord: “Nee! Want ek gaan dit beslis by jou koop teen die volle bedrag geld. Ek kan immers nie iets wat aan jou behoort, vir die Here neem nie, of 'n brandoffer bring sonder uitgawes nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: “Nee, ek wil dit van jou koop, jy moet sê hoeveel ek moet betaal. Ek wil dit doen, want ek kan nie iets vir die Here neem as dit aan jou behoort nie. Ek kan nie 'n brand-offer bring as ek nie daarvoor betaal het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het egter gesê: “Ek wil beslis vir alles betaal. Ek kan nie jou goed vir die Here offer en ’n brandoffer bring met iets wat my niks gekos het nie!” |