1 Chronicles 21:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Ornan vir Dawid: Neem dit vir jou, en laat my heer die koning doen wat goed is in sy oë; kyk, ek gee jou ook die beeste as brandoffers en die dorswerktuie vir hout en die koring vir die vleisoffer; Ek gee dit alles.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vat dit, o Koning, en gebruik dit soos u wil,” het Arauna vir Dawid gesê. “Hier is ook beeste vir brandoffers en u kan die dorsgereedskap vir hout gebruik om die vuur op die altaar te maak. En vat die koring as ’n spysoffer. Ek wil dit alles vir u gee!”
Afrikaans 1933/1953 Maar Ornan sê vir Dawid: Neem dit vir u, en laat my heer die koning doen wat goed is in sy oë; kyk, ek gee die beeste as brandoffers en die sleë as hout en die koring as 'n spysoffer; ek gee dit alles.
Afrikaans 1983 Arauna het vir Dawid gesê: “U kan dit gerus maar vat, U Majesteit; doen wat u goedvind. Ek gee ook nog die beeste vir die brandoffer, die dorsslee vir hout en die koring vir die graanoffer. Ek gee alles.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ornan het Dawid geantwoord: “Neem dit vir u. My heer die koning kan daarmee doen wat goed is in u oë. Kyk, ek gee die beeste vir die •brandoffers, die dorssleë vir die hout en die koring vir die •graanoffer. Dit alles gee ek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ornan het vir Dawid gesê: “Meneer die koning, neem dit vir jou en doen daarmee wat jy besluit. Kyk, ek gee die beeste vir 'n brand-offer en ek gee ook die dors-sleë vir brandhout en die koring vir 'n koring-offer. Ek gee dit alles.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ornan wou egter niks van betaal weet nie. Hy het gesê: “Vat die grond vir u en doen wat nodig is. Ek gee dit vir u. Ek sal ook die osse gee as offerdiere en die dorsslee vir hout om vuur mee te maak en die koring as ’n voedseloffer. Dit is u s’n.”