1 Chronicles 21:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid sê toe vir Ornan: Gee my die plek van hierdie dorsvloer, dat ek vir die HERE 'n altaar daarop kan bou; jy moet dit vir my gee vir die volle prys, sodat die plaag van die volk teruggehou kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid sê toe vir Arauna: “Laat my asseblief hierdie dorsvloer vir sy volle koopprys koop! Ek wil ’n altaar vir die Here hier bou sodat Hy hierdie plaag sal stop.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir die HERE 'n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle geld, sodat die plaag van die volk afgewend kan word.
Afrikaans 1983 Dawid sê toe vir hom: “Laat my die plek met die dorsvloer kry. Ek wil daarop vir die Here 'n altaar bou. Laat my dit kry vir die volle waarde daarvan, dat die plaag kan wegkom van die volk af.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Dawid vir Ornan: “Gee asseblief vir my die plek met die dorsvloer; ek wil 'n altaar vir die Here daarop bou. Teen die volle bedrag geld moet jy dit vir my gee, sodat die plaag van die manskappe afgewend kan word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid sê toe vir Ornan: “Jy moet die plek waar die dorsvloer is, aan my verkoop. Ek wil daar 'n altaar vir die Here bou. Ek sal vir jou alles betaal wat jy daarvoor wil hê. Wanneer ek die altaar gebou het, dan sal die pes ophou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het toe vir Ornan gesê: “Verkoop asseblief die dorsvloer aan my teen sy volle prys. Ek wil ’n altaar hier bou sodat die siekte-epidemie kan ophou.”