1 Chronicles 21:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ornan het omgedraai en die engel gesien; en sy vier seuns saam met hom het hulle weggekruip. Nou was Ornan besig om koring te dors.
Afrikaans (NLV) 2011 Arauna was besig om koring te dors toe hy omdraai en die engel sien. Sy vier seuns wat by hom was, het weggehardloop en gaan wegkruip.
Afrikaans 1933/1953 Toe Ornan hom omdraai, sien hy die engel; en sy vier seuns wat by hom was, het hulle weggesteek; Ornan het naamlik koring gedors.
Afrikaans 1983 Arauna was besig om koring uit te trap. Toe hy omdraai en die engel sien, het hy en sy vier seuns by hom weggekruip.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Ornan omdraai, sien hy die engel. Sy vier seuns wat by hom was, het weggekruip, maar Ornan het aangehou koring dors.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ornan was besig om koringkorrels uit die koring-are te haal. Toe hy omdraai, het hy die Engel gesien. Sy vier seuns wat by hom was, het weggekruip.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ornan en sy vier seuns was besig om koring te dors. Toe hy opkyk, het hy die engel gesien. Hy en sy seuns het dadelik gaan wegkruip.